5 dae gelede
Regter moerig oor Cardi nie hof loop
eish! Cardi B het nie by die hof opgedaag nie. Foto: getty images  ~ 

AS CARDI B nie Vrydag in die hof uitsteek nie, kan sy in die tjoekie beland.

Volgens EWN was die rapper­ Vrydag ’n no show in die hof toe sy moes voorkom vir haar aanrandingsaak.

Die 26-jarige het glo ’n stripper aangerand wat heel cosy geraak het met haar man, Offset.

Maar pleks van sorg dat sy in die hof kom, het die rapper eerder flights gevang.

In een van haar stories op Instagram het Cardi gespog dat sy in ’n vliegtuig is op dieselfde tyd toe sy in die hof moes antwoord gee.

Die hof was nie baie impressed­ toe Cardi nie uitstiek nie.

Die judge het haar law­yer mooi laat verstaan as die rapper nie Vrydag in die hof verskyn nie, dan kan sy mang.

Haar manager was vol verskonings oor hoekom Cardi nie in die hof was nie.

“Ek kan jou sê my kliënt was bewus van die hofdatum, maar sy het reeds­ ’n commitment­ gehad wat sy nie kon misloop nie.”

Cardi, jou dogtertjie het nog ’n pap nekkie – sorg maar dat jy by die hof uitkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters