7 dae gelede
Rappin Donkey se CD gou-gou op die rakke
STIEK YT: Ameen Levy is gereed om sy jongste CD, Bruin Man Funk, te launch.FOTO VERSKAF  ~ 

EINDELIK is die lang wag verby.

Die Paarlse sanger Ameen Levy, ofte wel Rappin Donkey, stel op Saterdag 6 April sy tiende CD, Bruin Man Funk, in die Hugenote-gemeenskapsentrum in dié dorp bekend.

Die CD bevat 18 snitte, waarvan 11 oorspronklike songs is en 7 hit tracks van vorige CD’s.

Ameen verduidelik die titel: “Bruin Man Funk is die manier hoe sommige van onse Kaapse kunstenaars musiek maak en dit aan die wêreld bekend stel. Of dit nou ’n Amerikaanse funk cover song is, die manier hoe ons dit sing of voorstel, word Bruin Man Funk genoem.

“Ons het al die jare dié tipe musiek gemaak, maar nooit ’n naam daarvoor gehad nie.

“Dit was die groot musiekghoeroe Al Etto wat dit in die laat neëntigerjare Bruin Man Funk gedoop het. Hy en Melvin Whitebooi was die twee mense wat ’n groot rol hierin gespeel het.

Kaartjies

“Laat ek dit net duidelik maak – die Bruin Man Funk is nie ’n beweging om bruin mense se idees te bevorder nie. Dit is net ons styl van musiek maak en enige ander bevolkingsgroep kan die styl gebruik, solank die konsep dieselfde bly.”

Die kaartjies vir die geleentheid kos R150 per persoon. Jy kan jou eie platters saambring.

Die show begin 19:00.

Gaste moet smart casual aangetrek wees. Almal wat kaartjies gekoop het, gaan ’n CD teen ’n spesiale prys van R100 kry.

Kaartjies of CD’s is verkrygbaar by Leigh by 071 894 2482, Marie by 073 575 3008 of Ameen by 083 398 7718 en 021 862 1618.

Son gee drie CD’s aan drie gelukkige Son-lesers weg.

  • KOMPETISIEVRAAG: Wat is die naam van Ameen Levy se jongste CD?

SMS jou antwoord, naam en van na 35128. Elke SMS kos R1,50.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters