11 maande gelede
‘Rappin Donkey’ kry uiteindelik groot eer
ameen levy aka rappin donkeyFOTO VERSKAF  ~ 

AMEEN Levy, a.k.a. Rappin Donkey, gaan vir sy bydrae tot musiek vereer word.

Die Rappin Donkey het sy loopbaan reeds in 1970 begin deur agter in mense se jaarts met ’n klein hi-fi set musiek te maak.

En dit was nie lank nie of hy het in die Paarl, Kaapstad en Port Elizabeth se bekendste klubs begin DJ.

Toe hy moeg begin raak van die naglewe het hy in 1991 met ’n nuwe projek begin en hy reik toe oor ’n tydperk nege nuwe CD’s uit.

Hy het ook sy eie radioprogram op die plaaslike Radio KC gehad en was só gewild dat hy selfs in die TV-program Maak ’n Las ’n draai gemaak het.

Ameen word op Vrydag 27 Oktober deur die Global Spotlight Talent Search in die Paarl-stadsaal vereer.

Kaartjies kos R100. Musiekliefhebbers wat die geleentheid graag wil bywoon, kan Adri gerus by 078 390 2038, Sydwell Beziek by 071 404 5169 of Ameen by 021 862 1618 vir kaartjies kontak.

Die drag is semiformeel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters