3 maande gelede
Rappin’ Donkey en The Rockets op een verhoog
span kragte saam: Theo Watt, Rappin’ Donkey en Jerry Watt beloof ’n aand van groot opwinding. FOTO VERSKAF  ~ 

NÁ JARE wat Ameen Levy, oftewel Rappin’ Donkey, saam met die immergroen en gewilde groep The Rockets werk, gaan hy nou uiteindelik die eerste keer saam met hulle optree.

Dié event vind op Saterdag 1 September in Stellenbosch se stadsaal plaas. Die konsert val saam met die Cansa-fees.

Die show begin 20:00, maar die deure maak al 19:00 oop.

Ander kunstenaars wat die aand gaan optree, Mujahid George, DJ Moosa Patel, Young Visitors, Family Affair en vele ander. Die event vind plaas as hulp vir die organisasie Cansa.

Kaartjies kan gekoop word by Ameen Levy by 083 398 7718 of Faghrie Patel by 082 858 8705

Ameen, wat tans besig is met sy tiende CD, gaan sy gewilde liedjie “Ons Slaap Vanaand By Heidi” sing.

Daar gaan spesiaal ’n bus uit die Paarl wees teen R160 – kaartjie ingesluit. Gewone kaartjies kos R100.

Ameen noem: “Ek is al die jare ’n gemeenskapsmens en het baie jong mense gehelp om hul drome te verwesenlik. Dis ’n groot eer om saam met The Rockets te kan optree en dít ten bate van kankernavorsing.

“Almal wat na die show kom, kan hulle regmaak dat hulle ge-entertain gaan word op die ‘bruin man se funk’, soos die musiek­legende Al Etto dit altyd genoem het.

“Ek en Jerry Watt, wat my producer is, gaan ook op daardie bus wees wat uit Paarl na Stellenbosch gaan ry.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters