3 maande gelede
Rapper wil ASAP uit tjoekie
asap rockyFoto: tmz.com  ~ 

DIE rapper ASAP Rocky word glo al twee weke in onmenslike omstandighede in Swede aangehou.

TMZ berig hy word daar in ’n tronk aangehou terwyl die howe eers moet besluit of hy gecharge gaan word vir “aggravated assault” in ’n moerse bakleiery in Stockholm.

’n Video wys egter dat die ou wat gemoer is, eerste met die rapper en sy crew skoorgesoek het.

Hy het Rocky fisiek aangeval.

TMZ sê daar is ’n treaty tussen Swede en Amerika.

Die treaty sê enige Amerikaner wat gearresteer word, moet dadelik toegang tot die Amerikaanse konsulaat hê.

Kla

Rocky het dit versoek, maar ’n amptenaar van die konsulaat is geweier en kon toe eers ná twee dae met die rapper in kontak kom.

Die amptenaar glo hy is eers toegang geweier oor Sweedse amptenare nie wou hê hy moet die toestand van die fasiliteit sien nie.

Rocky kla glo ook dat die gemors waarin die mense leef, onmenslik is. Die water is glo nie skoon nie en die kos oneetbaar.

’n Ou in die sel langs Rocky s’n slinger glo oral menslike afval, wat nie opgeruim word nie.

Rocky probeer nou die VSA se departement van buitelandse sake betrek om hom te help.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters