8 dae gelede
Rapper laat geld inrol
hUH? Die rapper Tekashi69 het ’n moerse deal ge-score. Foto: jezebel.com  ~ 

EK WEET glad nie wie dié ou is nie.

Maar wat die storie my vertel, is dat ek heeltemal te min tattoos in die gesig het en heeltemal in die verkeerde line of work is.

Die New Yorkse rapper Tekashi69 hoef volgens TMZ glad nie ’n moerse record deal te hê om baie geld in te bring nie.

Hy het sommer sowat R591 miljoen met sy eie line van headphones ge­score.

Tunes Audio het aan TMZ gesê die deal is nog baie nuut, maar as deel van die deal sal die rapper sy eie rooi exclusive Tunes head­phones kry wat hy self sal promote.

’n Persentasie van die sales sal aan die charity Kids in Need gaan.

En hoekom het 69 die deal gekry?

Wel, die company dink dat die sogenaamde nuwe king of NY die head­phone market sal rule.

Maar die company het ook ’n deal saam met daai girl Blac Chyna, wat nie eens haar eie naam kan spel nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters