Verlede maand
Rachel vermy beboude plek
Net gaan hike? Rachel Kolisi en die meisie wie se boudefoto in haar man, Siya Kolisi, se inbox beland het, het albei gister op Leeukop gaan stap. Foto: Instagram  ~ 

TERWYL ons almal nog wag dat Rachel Kolisi jammer sê vir die halfkaal fitness bunny wie se groot, goed gevormde boude in haar man se DM’s op Instagram beland het, het hulle dit seker al uitgepraat.

Rachel en die jong fiksheidsmodel het gister ewe toevallig op dieselfde tyd op Leeukop gehike.

Albei vroue het foto’s van die mooi uitsig op hulle onderskeie Instagram-profiele gelaai.

Dít kom nadat die Springbokkaptein se vrou twee weke gelede op dié social media platform uitgevaar het omdat ’n foto van die betrokke fitness fundi se boude op haar man se foon was.

Siya was daai tyd nog saam met die Stormers in Australasië.

Die ma van twee het toe mos sommer ’n foto van die meisie se boude op haar eie Instagram-stories gelaai en die girl op die naam genoem.

Dit is vir my darem heeltemal te toevallig dat albei vroue op dieselfde dag gaan hike het.

Dalk het hulle besluit om dinge uit te praat?

Ek meen maar, dis mos beter om sulke kaal sake op ’n berg uit te praat as in ’n hof met lawyers en ’n judge. Of hoe?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters