3 maande gelede
Rachel Kolisi en model klim Leeukop
rachel kolisi
Rachel Kolisi en die meisie wie se boude in haar man, Siya Kolisi,, se DM beland het, het albei gister op Lion’s Head gaan stap.  ~ Instagram

Terwyl ons almal nog wag vir Rachel Kolisi om verskoning te vra aan die kaal fitness bunny, wie se groot, goed gevormde boude in haar man se DM’s op Instagram beland het, het hulle dit seker al uitgepraat.

Rachel en die fitness-meisie het altwee Dinsdag op dieselfde tyd ’n hike gaan vang op Leeukop.

Altwee die vroue het foto’s van die mooi uitsig op hul onderskeie Instagrams gelaai.

Dit nadat die vrou van die Springbokkaptein twee weke gelede op Instagram uitgevaar omdat daar ’n foto van die betrokke fitness fundi se boude op haar man se foon was terwyl hy saam met die Stormers op hul toe in Australasië was.

Die ma van twee het toe mos sommer ’n foto van die meisie se boude op haar eie Instagram-stories gelaai en die girl op die naam genoem.

Dit is vir my darem heeltemal te toevallig dat albei die vroue op dieselfde dag gaan hike het.

Dalk het hulle besluit om dinge uit te praat?

Ek meen maar dis mos beter om sulke kaal sake op ’n berg uit te praat as in ’n hof met lawyers en ’n judge

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters