6 maande gelede
R. Kelly ’n flou ster
diep getref: ’n Hartseer Keke Palmer sê R. Kelly het nee dankie gesê vir God se groot genade in sy lewe­.Foto’s:GETTY IMAGES  ~ 

KEKE Palmer was behoorlik in trane nadat sy die docu­series oor R. Kelly gekyk het.

Dié reeks van ses episodes is Surviving R. Kelly.

Daarin beweer verskeie jong meisies hulle is slagoffers van dié R&B-sanger se walglike seksuele dade.

Keke, wat ’n voormalige student van R. Kelly is, sê op Instagram: “Ek het die afgelope uur net gehuil. As ’n student van R. Kelly was ek baie in sy teenwoordigheid.

“Ek weet van die uitdagings wat hy as kind trotseer het om uiteindelik die musikale genie te wees wat hy is.

“En ná alles lei hy ander mense deur dieselfde duisternis waarvan hy probeer vlug het. Dis vir my ’n moeilike ding om te aanvaar.”

Keke sê sy is teleurgesteld in R. Kelly dat hy God se genade so verwerp het.

Sy voeg by: “Baie min mense wat swaarkry, word die geleentheid gebied om hulle lig deur hulle passie te laat skyn.

“God was R. Kelly genadig. God het hom geseën om te vergoed vir sy kinderjare, maar hy het God verwerp.

“Ek is seergemaak en hartseer, want hy kon ’n seëning vir dié vroue gewees het, maar pleks daarvan het hy hulle herhaaldelik uitgebuit, en dít kan ek nie aanvaar nie.”

Keke sê sy ondersteun die slagoffers en meen vroue moet mekaar leiding bied.

Toekyk

“Ek sal by my susters staan, want dis die regte ding om te doen, en ek hoop dat dié misdrywe nou gestop sal word.

“Ons moet goed wees vir mekaar. Nie almal van ons aanvaar leiding nie, maar diegene­ van ons wat dit wel doen, moet verantwoordelik wees!

“Ons mag mekaar nie uitbuit of net toekyk wanneer iemand dit doen nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters