15 dae gelede
Queen deel klappe uit
EGHAM, ENGLAND - JUNE 23:  Queen Elizabeth II atte
Koningin Elizabeth II  ~ Gallo Images

ELTON John se nuwe boek Me bevat 'n paar juicy stories oor die Britse koninklikes.

Die bekroonde sanger skryf in sy boek hoe hy een keer gesien het hoe Koningin Elizabeth II haar susterskind herhaaldelik deur die gesig geklap het.

John skryf dat die Queen vir burggraaf David Armstrong-Jones, prinses Margaret se seun, gevra het om na sy suster Lady Sarah Armstrong-Jones te kyk omdat sy nie lekker gevoel het nie.

Toe hy nie wou maak soos sy sê nie, het die Queen hom liggies deur die gesig geklap en gesê "Moenie (klap). Met (klap). My (klap). Stry (klap). Nie (klap). Ek (klap). Is (klap). DIE KONINGIN.

Armstrong-Jones het daarna onmiddellik die Queen se opdragte uitgevoer.

John skryf ook in sy boek hoe die Hollywood-akteurs Richard Gere en Sylvester Stallone mekaar by 'n dinner party amper met die vuiste bygedam het oor Prinses Diana.

Diana en Charles was van bed en tafel geskei en het 'n nuwe vriendskap met Gere aangeknoop.

Hulle het by die kaggel gesit.

Volgens John het dit nie goed afgegaan met Stallone nie.

David Furnish, John se man, het later vir Gere en Stallone in die gang gekry waar hulle die saak met 'n vuisgeveg wou oplos.

"Na aandete het Diana en Gere weer saam voor die kaggel gaan sit en Sylvester het uitgestorm oppad huis toe," skryf John.

"Ek sou nooit gekom het as ek nie geweet het Prins F****n Charming gaan ook hier wees nie," het Stallone oppad uit gesê.

"As ek haar wou gehad het, sou ek haar gevat het." - Page Six, The Independent

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters