11 dae gelede
Quanita ook nou in Arendsvlei
Quanita Adams and Eldon van der Merwe in 'Arendsvl
Quanita Adams en Cantona James in 'n toneel uit Arendsvlei.  ~ 

QUANITA Adams was vir die eerste seisoen van die kykNET & Kie-telenovelle, Arendsvlei, deel van die skryfspan, maar het onlangs haar eerste verskyning voor die kameras gemaak.

Sy speel die rol van Laetitia, 'n hawelose vrou wat konstant met haarself praat.

Vir die volgende paar weke gaan Laetitia eers koppe stamp met Daniel (gespeel deur Cantona James), wat ook haweloos is. 

Hul verhouding groei dan en sy word later soos 'n ma vir hom hom. Hy gaan haar ook remind aan 'n diepe seer.

Quanita, bekend vir reekse soos Sara se Geheim en Vinkel en Koljander, sê die oorgang van skrywer tot karakter was 'n natuurlike een en dat sy opgewonde oor die geleentheid is.

Die rol van Laetitia herinner haar aan die karakter Lena wat sy jare gelede in die Athol Fugard-produksie Boesman en Lena gespeel het.

"Die lewe op straat het haar gevorm. Ek het onmiddellik sterk ooreenkomste gesien wat my gehelp het om Laetitia te vind. Op die ou end verskil hulle van mekaar. Hul omstandighede is anders, maar dit help dat ek voorheen so 'n tipe rol gespeel het, al was dit ook vir teater. Die uitdaging is die lonendste en ek is dankbaar dat die span my met dié vrou vertrou."

Met dié rol wil Quanita kykers remind om dankbaar te wees vir wat hulle het.

"Dit kan in 'n oogwink weggevat word," sê sy. - Channel24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters