4 dae gelede
Priyanka, Nick show af
WOW! Priyanka Chopra skitter in dié sjampanjekleurige rok langs haar sexy katelknaap. Foto’s: instagram  ~ 

PRIYANKA Chopra (36) en Nick Jonas (26) het die uitspattigste troue gehad wat ek al ooit gesien het.

Die singende aktrise het ’n larney vyf dae lange bruilof gehad.

Dié celebrations het ’n tradisionele Hindoe-troue en ’n Christelike plegtigheid ingesluit.

Dit lyk eintlik asof Priyanka en Nick ewe ekstra is, want berigte in hindustantimes. com wil dit hê dat die jong lat ’n hele paar sjefs laat invlieg het om hul moerawiese koek van 5,5 m te bak.

Maar Priyanka se pragtige veil van 22,86 m was eintlik die kersie op die koek.

Ek hoor in The Wendy Williams Show die egpaar moes sommer baie diep in hulle sakke krap vir die extravagant troue. Dit het hulle glo R6,8 miljoen uit die sak gejaag.

Ek hoop tog van harte hierdie union is een van die Hollywood-huwelike wat die toets van die tyd sal deurstaan. 

tradisioneel:Priyanka Chopra en Nick Jonas lyk verruklik in hulle deftige Hindoe-uitrustings.
wit troue: Priyanka Chopra se 22,86 m lange veil steel die show.
WOW! Priyanka Chopra skitter in dié sjampanjekleurige rok langs haar sexy katelknaap. Foto’s: instagram
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters