2 maande gelede
Princess word in watte gevou
Katie Price, ’n Britse televisiepersoonlikheid en voormalige model, en haar twee jong kinders was onder die Britse toeriste wat Donderdagaand naby Warburton in Mpumalanga beroof is.  ~ 

DAAI prikkelpop Katie Price het dalk net twee breinselle, maar sy sweer sy sal nooit toelaat dat haar dogter, Princess, ’n glamour model soos sy word nie, berig Bang Showbiz.

Dat die 12-jarige Princess nooit in haar famous ma se voetspore sal volg nie, is iets waaroor Katie en die kind se pa, Peter Andre, darem saamstem.

Die 40-jarige ster het mos eers aandag getrek toe sy haar boobs as ’n bl. 3-model geflash het.

Sy het daarna ’n gunsteling pin-up girl in manstydskrifte geword. Katie het ook alles in Playboy gewys.

Sy wil graag hê Princess moet ’n loopbaan in showbiz volg, maar racy pics aanlyn of in publikasies? Oor haar dooie liggaam, sê Katie.

Strip

Sy het in ’n Q&A-sessie aan The School Of Life in Londen gesê die bedryf het net te veel verander (lees: ontaard).

Blykbaar stel Princess in elk geval nie belang nie. Sy sê hoeka aan haar ma: “Ma! Sit weg jou tiete!”

Peter sal ook sy moer strip as Princess ’n glam job aangebied word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters