2 maande gelede
Posh nervous oor man
GROEN: Victoria like nie dat David te danig is met die modelle nie. FOTO’S VERSKAF  ~ 

POSH is bekommerd oor haar manlief te close raak met ’n supermooi model.

The Sun berig dat Victoria Beckham (44) katnaels wys oor die sokkerster David (50) en die mooi supermodel Helena Christensen (43).

Vriende na aan die egpaar sê die voormalige Spice Girl is op die oorlogspad nadat ’n sweet selfie van die tweetjies in die sosiale media gepost is.

Die twee het die foto in Desember gevat toe hulle by die event Art Basel was. Die model het die selfie se byskrif gemaak: “Ballin­’ ­”.

Dit lyk asof die voormalige kaptein van die Engelse sokkerspan ’n voorliefde het vir donkerkop-modelle. Sy vroutjie self is ’n pragtige brunet.

Nóg ’n bron vertel dat Posh ook rooi gesien het toe haar hubby saam met die 22-jarige supermodel Bella Hadid in Miami­ by ’n privaat bash ge-paartie het.

Die bron verklap: “Victoria is nogal dikwels­ senuagtig oor David se vriendskappe met vroulike celebs.

“Daar is natuurlik ’n bietjie jaloesie betrokke omdat sy meer tyd saam met hom wil deurbring.”

Daar is glad nie bewyse dat die sexy David iets met enige van die twee meisies aan die gang het nie. Sy ontwerper-vrou hou eenvoudig net niks daarvan dat hy so danig met die twee poppies is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters