9 dae gelede
Pink en Carey in maraton-huwelik
Pink en hubby Carey Hart is nou al 14 jaar getroud.  ~ Instagram

PINK en Carey Hart is my tipe mense.

Die rocker en haar biker­ hubby het volgens TooFab mos nou hulle 14de wedding anniversary gevier.

Dit moet some kind of rekord wees in La La Land.

Die sangeres (vir wie ek regtig ’n baie sagte plekkie het, want haar music is ongelooflik) sê die relationship is nie perfek nie, maar sy is dankbaar, dis hulle s’n.

Sy het op Instagram mos ’n baie heartfelt tribute gemaak aan Carey, wat ’n motocross pro is.

By verskeie foto’s van hulle saam skryf sy: “Ek is lief vir my familie. Dankie dat jy altyd voor my loop, langs my, en reg agter my. Jy’s ’n regte man, Carey Hart.”

Prys

Pink sê ook niemand maak haar so kwaad soos Carey nie, maar dat hy darem super hot is.

Carey prys ook sy vrou en hulle relationship by ’n paar throwback pics.

Hy meld ook dat hulle albei uit gebroke huise kom.

Carey sê hy is trots op die lewe wat hulle saam gebou het en dat hulle ondanks die gebroke huise gekies het om hard te werk aan hulle relation­ship.

Hulle het mos in 2001 ontmoet by die Summer X Games in Pennsylvania, waar Carey deelgeneem het.

En toe vra Pink hom om te trou terwyl hy op die track is deur die vraag op ’n pit board te skryf. Hulle is in 2006 getroud.

Ek hoop die sprokie hou aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters