8 dae gelede
Pee-stories pla Trump
weet nie: Like Donald Trump van mense wat op sy bed pee? Foto: wordpress.com  ~ 

EK KAN nie dié shit opmaak nie, al wil ek!

Ja, die Orange Prez is mos ’n celeb in eie reg. Al is dit net vir die crap wat hy aanvang en sê.

Ek lees op TMZ dat Donald Trump bekommerd was dat sy arme vrou, Melania, dalk die storie sou glo dat hy Russiese prossies op sy hotelbed laat pee het!

Dis nou as jy die voormalige FBI director James Comey glo.

In sy nuwe boek, A Higher Loyalty: Truth, Lies, and Leadership, sê Comey dat Trump moer kwaad was oor die so-called Christopher Steele file, waarin beweer word dat Trump gekyk het hoe die prossies op sy bed pee.

Trump sê natuurlik dis BS, maar het tog privaat met Comey ge-meet omdat hy bang was daar is ’n skraal kans dat sy vrou dalk die storie sal glo.

Hy het toe gevra dat die director die storie afskiet.

Comey vra in die boek of Melania ooit die idee sou entertain dat haar man into golden showers is.

Wel, bygesê, niks rondom dié man skok my meer nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters