3 maande gelede
Paul Walker se karakter dalk terug
oorlede: Paul Walker se karakter leef dalk voort.Foto: farmweek.com  ~ 

DIT lyk my ons het nie die laaste van Brian O’Conner in Fast & Furious 7 gesien nie.

Die akteur Paul Walker het in ses van dié franchise se movies gespeel. Hy is in 2013, voor die sewende fliek klaar gemaak kon word, in ’n motorongeluk dood. Sy broers Cody en Caleb het toe gehelp om sy oorblywende scenes klaar te maak.

Charlize

Paul se karakter is toe só aangepas dat hy retire om saam met sy familie te wees. Maar nou het Cody in ’n onderhoud met The Metro gesê Paul se karakter, Brian O’Conner, kan in die volgende movie verskyn.

“Ek dink enige iets is moontlik en ons sal moet sien wat die toekoms inhou,” het Cody gesê.

Filmwerk aan Fast & Furious 9 is tans aan die gang en bekende akteurs wat daarin speel, is John Cena, Charlize Theron en Helen Mirren. – Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters