2 maande gelede
Paul praat prontuit tydens CD-promosie
can’t buy his love: Sir Paul McCartney sê die Bea­tles is uitmekaar oor John Lennon geloop het.foto’s verskaf  ~ 

PAUL McCartney het eindelik gepiemp oor hoekom die Bea­tles opgesplit het.

Die musiek-ikoon (76) het ook sommer uitgelap hoekom hy eens op ’n tyd vir Ringo Starr uit sy huis gegooi het.

Sir Paul is tans op ’n mediatoer om sy album Egypt Sta­tion te promote. Dis laas Vrydag uitgereik.

In ’n onderhoud met Howard Stern het Paul nie nog doekies omgedraai nie. Hy het reguit gesê dis oor John Lennon dat die legendariese groep uit­mekaar is.

“Daar was ’n meeting. John het net ingekom en gesê hy gaan die groep verlaat.”

Paul vertel John het toe sy tweede vrou ontmoet.

“Hy het Yoko (Ono) gekry. John het van sterk vroue gehou. Sy ma was ’n sterk vrou. Sy antie wat hom grootgemaak het, was ’n sterk vrou. Maar sy eerste vrou – God seën haar – was nie.”

Die pa van vyf het volgens Channel24 ook vertel hoe Ringo, die drummer, met ’n brief van die groep af by sy huis aangekom het.

Daarin het die members gevra of hy die datum van sy solo-effort­ se launch sal skuif omdat dit geclash het met die groep s’n. Die Beatles moes daai tyd Let It Be uitreik en die band wou hê Paul moet sy planne verander.

Toe strip Paul sy moer en bounce Ringo uit sy huis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters