4 dae gelede
Parade by die perde
oulik: Dié rok is quirky en het beslis die koppe laat draai.  ~ 

SATERDAG het resiesgangers omtrent uitgehang langs die Kenilworth-renbaan by die imposante jaarlikse Queen’s Plate-perdewedren.

Soos gewoonlik moes resiesgangers pronk in hulle blou-en-wit-uitrustings. Hier is van die looks wat my oog gevang het.

bietjie boring: Die TV- en radiopersoonlikheid Jeannie D se wit rokkie met die vere-detail op die bors is vir my heeltemal te eenvoudig.
suit up: Dié wit-en-blou pakke met die detail is iets anders as ’n gewone, eenvoudige pak.
net reg: Die local celeb LootLove se sjiek broekpak met die ligblou lint is beslis ’n wenner.
anders: Kamo Modisakeng lyk sexy in ’n futuristic ligblou rok.
lig: Die local rapper Da L.E.S se koel linne-tweestuk is trendy. Foto’s: gallo images
ware heer: Die netjiese blou baadjie met die wit broek wen loshande my gunsteling-mansuitrusting.
oulik: Dié rok is quirky en het beslis die koppe laat draai.
innoverend: Kreatiewe uitrustings soos dié, kompleet met die flambojante hoed, is beslis waaroor die deftige Queen’s Plate gaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters