4 maande gelede
Pam bewys sy wys nie verniet vinger
slaner? Pamela Anderson beweer Adil Rami het haar vingers gekraak. Foto: getty images  ~ 

PAMELA Anderson (52) se toy boy, Adil Rami (33), het haar vingers gekraak – en sy het bewyse daarvan!

Die eertydse Baywatch-ster het ’n video van haarself ge-share waar sy in die hospitaal is.

Die ster het mos laas week laat hoor dat haar sokkerspeler berk ’n monster en ’n joller is.

En as jy die aktrise wil glo, dan het die jong haar met die vuiste bygekom.

Pammy sê op haar webtuiste haar eks het haar hande gedruk en toe haar vingers gekraak.

En as jy haar nie glo nie, kan sy die bewyse van die voorval voor jou neus hou.

In die video kan jy haar hand, wat omtrént in verbande toegedraai is, sien.

Jy kan ook uitmaak dat die aktrise in ’n dokter se spreekkamer is.

En as dít nie genoeg is nie, het sy ook doktersrekeninge wat bewys dat sy behandeling ontvang het.

Die Franse sokkerspeler het nog nie sy bek gerek oor die ontstellende voorval nie. The Juice

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters