3 dae gelede
Pak daai cooler box
Speel saam: Denver Damons, Oslin Jacobs en Ray Basson is Brown­Suga.foto verskaf  ~ 

KYKIE, is jy reg vir ’n lekker cooler box-paartie?

Want dís wat Deroco Entertainment volgende Saterdag in die Goodwood-burgersentrum aanbied.

Die deure word 18:30 oopgegooi en die paartie begin 19:00. Toegang is R100.

Kontak Oslin Jacobs by 081 235 3465 of Denver Damons by 073 912 3593 vir kaartjies.

Die doel van die cooler box-paartie is om ontluikende musikante die geleentheid te bied om hulle slag met live music te wys.

So, pak ’n cooler box met eet- en drinkgoed en kom geniet plaaslike klanke en komedie in ’n ontspannende en informele atmosfeer.

Van die belowende musikante wat gaan optree, is Can­dice Thornton, Lionel Konstabel, Lyle Sampson en Klint Lotz.

Almal sal begelei word deur die band BrownSuga.

Ray, wat ’n lid van BrownSuga is, sal ook sy ontwerpersreeks t-hemde (#CapeTownMusician en #CapeTown­Artist) verkoop.

Die gewilde komediant Wayne Mckay sal as die MC vir die geselligheid optree.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters