5 maande gelede
Pa Markle fake sy eie foto’s in suits
Eish! Meghan Markle se pa steek haar vlak voor haar royal wedding weer in die skande. FOTO VERSKAF  ~ 

AS MEGHAN Markle se familie hul lippe tog net vir vier dae kan zip!

Meghan en haar prins, Harry, gaan Saterdag voor die kansel staan – dis nou te sê as haar familie nie haar koninklike kans bedinges nie.

The Juice berig die Suits-aktrise se pa is nou kamma baie jammer nadat hy laas week staged­ paparazzi-foto’s laat neem het. In die foto’s slaan hy die geskiedenis van die Britse koninklikes na. Hy is ook afgeneem waar ’n kastige tailor sy mates vir ’n pak neem. Ek sien op die Wendy Williams Show die foto’s is geneem sodat daar positiewe publisiteit rondom Meghan se familie ook kan wees.

Haar dêrra het toe verduidelik hy wou wys hy is steeds bereid om belangstelling in haar nuwe lewe te toon ondanks al die lelike goed wat Meghan se familie – hyself inkluis – oor haar kwyt- geraak het.

Hulle het glo ’n fake “paparazzo” betaal om die foto’s te neem.

Anders as ek is die koninklikes blykbaar baie meer toegeeflik.

Die Kensington­paleis­ het ’n verklaring uitgereik waarin hy die publiek vra vir begrip en respek vir oom Thomas Markle.

Die paleis het nie kommentaar gelewer op gerugte dat oom Thomas gesê het hy gaan nie by die royal wedding gesig wys nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters