9 dae gelede
Overberg het tonne talent
SAAMSPAN: Karin Kortjé (die vervaardiger), Gantane Gwane Kusch (akteur van Suidooster), Zeldine McdDonald en Dean Smith (akteur van Suidooster) is medebeoordelaars.  ~ 

“DIE Overberg het die sang­talent – dit moet net ontdek word,” sê Karin Kortjé.

Die vierde Overberg’s Got Talent-kompetisie het Saterdag by die Hoërskool Villiersdorp begin­.

Met hierdie produksie vier en eer Karin die beste onontdekte musiektalent in die Overberg-streek.

Die talent word deur die kompetisie Overberg’s Got Talent ontdek en die talentvolles kan dan ’n kans kry om op die groot verhoog saam met Karin op te tree.

Daar is gesoek na die ­bestes in Grabouw, ­Villiersdorp, Caledon­, Genadendal en Hawston.

Ál die deelnemers sal genooi word na ’n werksessie van drie dae – van Dinsdag 16 Oktober tot Donderdag 18 Oktober – waar tien finaliste gekies sal word.

Dié finaliste en een wildcard sal die naweek van 19 en 20 Oktober kompeteer vir daai gesogte plek op die groot verhoog.

Die finalé gaan plaasvind by die De Rust Futura Academy­ op die plaas De Rust naby Kromco op die N2.

Die oudisies is oop en gratis vir hoërskoolleerders van die Overberg-distrik wat hulle talent wil kom uitstal.

Karin Kortjé (die vervaardiger), Gantane Gwane Kusch (akteur van Suidooster), Zeldine McDonald (akteur van Suidooster) en Dean Smith was medebeoordelaars. Hulle gesels met deelnemers.
DIE LEKKER TYE: Karin Kortjé (die vervaardiger), Gantane Gwane Kusch (akteur van Suidooster), Zeldine McDonald (akteur van Suidooster) en Dean Smith is medebeoordelaars, saam met deelnemers van Villiersdorp. Foto’s:PETER ABRAHAMS

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters