4 maande gelede
Oprah kuier in Trevor Noah se Daily Show
suinig: Oprah Winfrey travel saam met haar eie avo’s oor dit te duur in die winkels is. Foto: getty images  ~ 

MZANSI se goue seun het die voorreg gehad om saam met die grootste en rykste talk show host in die wêreld te praat.

En voordat Trevor Noah nog Oprah Winfrey in die Daily Show se couch gehad het vir ’n onderhoud, het hy alreeds haar hart gesteel.

Toe Oprah by haar kleed­kamer instap, het die Suid-Afrikaanse komediant haar verras met haar gunsteling brand tequila.

Sy het op Twitter ’n video gelaai van waar sy die geskenk van onse Trev oopmaak. In die video sê sy: “Dit is iemand wat weet waarvan ek hou.”

In ’n ander video wat die talk show queen ook op sosiale media gelaai het, loop sy sommer in by Trevor se kleedkamer terwyl hy gemake-up word.

Dan grap ons Goue Seun: “Hei, wie is daai wat soos Oprah lyk?”

Toiletpapier

En dan druk die twee mekaar.

In die interview was een van die brandende vrae wat Trev aan Oprah gestel het, of haar toiletpapier ook soos ons gewone mense s’n soms opraak.

Dié skatryk ster het geantwoord: “Nee, nadat ek klaar in die toilet was, gaan iemand in om te kyk of daar alles is wat ek vir die volgende keer gaan nodig het.

“Die persoon sal dan die punt van die toiletpapier in ’n netjiese driehoek vou vir die volgende keer wanneer ek dit gaan gebruik.”

Maar Oprah is nogal baie spaarsaam met haar miljoene.

Sy het aan Trevor vertel dat sy gereeld saam met avokado’s uit haar eie jaart travel, want die goeters is darem net te duur om in die winkels te koop!

Ons voel jou, Oprah!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters