10 dae gelede
Onse sterre in Amerika hou hulle maar eenkant
BLY IN YANKLAND: Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, self distance haar in haar flat in New York.  ~ Getty Images

SELFS die heelal se mooiste meisie, Zozibini Tunzi, sit alleen in haar larney apartment in Amerika.

Onse Mej. Heelal was veronderstel om binnekort huis toe te kom om ’n event hier in Suid-Afrika by te woon, maar weens die Corona-pandemie moes sy al haar travel-plannetjies kortknip en haar self distance daar in die high risk-omgewing.

Sy het in ’n video in die sosiale media gesê dat ons almal veilig moet bly tydens die krisis.

“Soos julle kan sien, is ek in die huis in my sweetpak. Ek probeer my deel doen. Ek hoop dat julle ook dieselfde doen deur by die huis te bly. Bly sterk en luister na jou regering en die wêreld se gesondheidsleiers.

Geselskap

“Julle is nie alleen nie. Ons is saam in die ding en saam gaan ons daardeur kom.”

Onse Zozi is nie die enigste Suid-Afrikaanse celeb wat daar in Amerika self distancing toe pas nie.

Die Suid-Afrikaanse aktrise Lesley-Ann Brandt, wat Maze in die Netflix-reeks Lucifer speel, bevind haar in dieselfde bootjie. Maar anders as Mej. Heelal is Lesley nie alleen nie. Sy het die geselskap van ’n pragtige blonde krulkoppie. Die aktrise meen dis nou die gulde geleentheid vir haar om tyd saam met haar seuntjie, Kingston, deur te bring.

Sy het ’n video op Instagram gelaai waarin sy en haar klong saam musiek maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters