2 maande gelede
Olivia sprei haar vlerke
Olivia Wilde  ~ 

SY IS bekender as ak­trise, maar Olivia Wilde was Maandagaand in Los Angeles op die rooi tapyt as ’n regisseur.

Die voormalige ster van die TV-reeks House­ se movie, Booksmart, was op filmfeeste te sien.

Nou kom dit op 24 Mei op die silwerdoek.

Olivia (35) het pragtig gelyk in ’n rooi pantsuit en rooi bloes toe sy vir die spesiale screening opgedaag het.

Haar verloofde, Jason Sudeikis (43), het haar vergesel. Die couple het twee kinders saam.

Booksmart gaan oor twee hoër­skoolmeisies wat besonder goed vaar op skool.

Die twee talentvolle aktrises wat die rolle speel, is Beanie Feldstein en Kaitlyn Dever.

Op hulle grade-dag wonder hulle egter of hulle nie te hard gewerk en te min gejol het nie.

Dan besluit die twee om die vier jaar wat hulle nie gepaartie het nie in een aand te probeer inpas.

Olivia sê daar was nie eintlik ’n movie oor meisie-besties nie sedert die fliek Bridesmaids, wat regtigwaar oorspronklik was.

Ander akteurs in die movie is Billie Lourd en Molly Gordon, asook Lisa Kudrow van Friends. – Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters