16 dae gelede
Oh Shucks, ‘Mr. Bones 3’ dalk verniet verfilm
HOKAAI: Leon Schuster sê hy moet nou die brieke aandraai op sy nuutste movie, Mr. Bones 3.  ~ Foto Verskaf

LEON Schuster dink nou twee keer daaroor om sy nuutste fliek, Mr. Bones 3, uit te reik.

Die Suid-Afrikaanse grapjas en filmmaker het aan You erken hy is diep ongelukkig daaroor dat sy flieks van Showmax verwyder is.

Ek het julle mos vroeër die week vertel dat DStv se stroomdiens baie van Leon se movies afgehaal het terwyl hulle review word vir “rassistiese onsensitiwiteit”.

Ek het julle ook vertel dat die akteur en komediant Rob van Vuuren verskoning gevra het oor hy in blackface verskyn het in ’n Schuster movie.

Die filmmaker wat Suid-Afrikaners nou al vir jare laat lag, sê dit raak nou die uitreiking van Mr. Bones 3.

Teruggaan

Leon sê die movie is kant en klaar, maar nou gebeur dít.

Hy sê: “Ons het ’n jaar aan die movie gewy en nou moet ons teruggaan na die drawing board.

“Ons was so opgewonde oor die projek. Ons het twee weke gelede klaargemaak. Ek wil huil.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters