15 dae gelede
Oggende nou nóg fraaier
Girl power: Jamie-Lee Domburg en Kuhle Adams is Woensdagaand gekies as die wenners van Presenter Search on 3.  ~ Peter Abrahams

VROUE run die wêreld!

Jip, Jamie-Lee Domburg en Kuhle Adams, die enigste twee vroue in die top-ses, is Woensdagaand gekies as vanjaar se wenners van die SABC3 show Presenter Search­ on 3.

Die 26-jarige Jamie-Lee, van Steenberg op die Kaapse Vlakte, en die 23-jarige Baaienaar Kuhle gaan hulle nou aansluit by die reeds ster­belaaide lys van aanbieders op SABC3 se gewilde ontbytprogram Expresso.

Die model Jamie-Lee was Woensdag by die Mount Nelson Hotel in trane toe sy as een van die wenners aangekondig is.

Sy sê dis vreemd, want net voor die kompetisie was sy deur ’n laagte.

“Ek het ’n baba gekry en my ma het haar werk verloor.

“Toe ek vir dié kompetisie wou inskryf, het ek vir my ma gesê ek wil dit nog net een laaste try gee.

“Ek het haar gesê ek wil haar wys ek kan hustle, ek wil net vir haar wys ek kán.

“My ma het toe gesê: ‘Oukei, my kind, net een laaste try dan.’ ”

Bedank

En kyk waar is sy nou!

Sy het haar voet in die deur en gaan saam met van die bestes in die vermaaklikheidsbedryf werk.

Die mammie van die ag maande oue seuntjie Luca, kon nie haar eie mammie, Patricia Domburg, genoeg bedank nie.

“Vanaand is alles vir my full circle. Mammie, jy het my single-handedly gevorm tot die persoon wat ek vandag is. En ek wil jou vanaand bedank vir alles.

“Ek is ’n girl van die Steenberg wat dit gemaak het!”

Geluk, dames, ek is seker Suid-Afrika kan nie wag om soggens wakker te skrik en julle pragtige gesigte op die kassie te sien nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters