2 maande gelede
Offset spoil nuwe mamma Cardi vrot
HÊppie family: Klein Kulture, Offset en Cardi B.Foto: instagram  ~ 

DIS nou wat jy die moeder van geskenke noem.

Rapper Offset het sy vrou, Cardi B, vir haar eerste Moedersdag met ’n diamanthorlosie en twee Hermès Birkin-handsakke bederf.

Cardi sê tranerig in ’n Instagram post: “Ek wil nie sê ek’t die beste man ooit nie, maar ek’t regtig die beste man ooit.”

Die 26-jarige rapper het op ’n Instagram­video gesê Offset het haar verras toe hy hulle tien maande oue dogter, Kulture, na haar toe aangepiekel het waar sy in Kalifornië opgetree het.

In nog ’n video wys sy ’n klomp blomme en ’n lekker ontbyt.

“Damn, ek begin meer van Moedersdag hou as my eie verjaardag.

“Ek sal nou op Vadersdag voluit moet gaan.” – Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters