2 maande gelede
Offset en Breezy in skoollaitie-‘mode’
vroueslaner: Chris Brown daag Offset uit tot ’n fight. Foto’s: getty images  ~ 

OFFSET en Chris “Breezy” Brown is nou plain kinderagtig.

Die rapper-sanger is reg om Breezy in die bokskryt by te dam.

Dis omdat Breezy ’n grap gemaak het oor Offset se tjommie 21 Savage, wat onwettig in Amerika is.

Ek sien in The Wendy Williams Show hy was baie upset daaroor.

Fokus

Hy vat Breezy nou op sosiale media aan en sê hy dink nie die memes oor sy pel is snaaks nie.

Breezy kap toe terug met: “F*k jou, laitie. Worry eerder oor jouself en fokus eerder op jouself ... Kry jou faceass uit my comments ... Bel my persoonlik. As jy wil baklei, stiek uit. Geen kameras en geen flexing. As jy ’n ware man is, sal jy my aanvat. O, en nóg iets, kom suig my lat.”

Offsett noem hom toe ’n cocaine-kop, en skop hom toe waar dit die seerste maak.

Hy sê dis nogal funny dat Breezy hom uitdaag, want dié slaan gewoonlik net vroue.

Dís natuurlik ’n verwysing na die keer toe Breezy sy eks Rihanna in 2009 sleg aangerand het.

En dié is mans met dogtertjies vir wie hulle­ ’n voorbeeld moet stel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters