10 dae gelede
Oesfees ook uitgestel
GEEN OPSKOP: Die PJ Twins is van die kunstenaars wat op die Zoar-fees sou opgetree het.  ~ Peter Abrahams

DIE gewilde Zoar Oesfees gaan ook nie meer gebeur nie.

Dit is ook weens die corona-pandemie.

Die jaarlikse fees is ’n groot trekpleister.

Dit duur drie dae en trek sowat 3 000 feesgangers.

Die bestuurders van die Oesfees het besluit om dit tot verdere kennisgewing uit te stel.

Die organiseerders skryf in ’n verklaring: “Ons het reeds etlike duisende rande spandeer, waarvan ons nie alles sal kan verhaal nie.

“Ons weet dat baie mense van Zoar, Ladismith en Calitzdorp en familie en vriende van elders die fees altyd baie geniet.

“Ons vra dus nederig om verskoning vir enige ongerief wat die uitstel van die fees op u mag hê, maar dit is in die belang van ons land en u gesondheid.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters