9 maande gelede
Nuwe Hendrix-album is op pad
jimi hendrixFoto: TRUESCHOOL.IN  ~ 

UNRELEASED songs wat tussen 1968 en 1970 deur Jimi Hendrix opgeneem is, word volgende jaar uitgereik.

Both Sides of the Sky word op 9 Maart 2018 uitgereik. Die album het 13 songs op waarvan 10 nog nooit uitgereik is nie.

Eddie Kramer, wat as recording engineer op elke album van Jimi gewerk het, het in ’n onderhoud gesê dat 1969 “ ’n baie eksperimentele jaar” vir Jimi was en dat hy blown away was op die nuwe album.

“Die eerste ding is, jy sit die tape aan en jy luister daarna en jou nekhare staan regop en jy gaan soos: ‘Oh my God, dis te (vloekwoord)) wonderlik,’ ” het Eddie gesê.

“Dis ’n wonderlike ding. Veertig, vyftig jaar later is ons hier en ek luister na die tapes en sê ‘Oh my God, dis ’n wonderlike performance.’”

Jimi is in 1970 in die ouderdom van 27 dood. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters