2 maande gelede
Nuwe ‘Fiela se kind’ kom uit
nuut: Daar kom nog ’n weergawe van die fliek Fiela se Kind uit.Foto: channel24  ~ 

DAAR kom ’n nuwe movie uit.

En as jy ’n ou ballie soos ek is, sal jy kopkrap.

Want hoekom wil hulle dan ’n nuwe adaptation maak van Fiela se Kind wat gebaseer is op die best-selling-boek van Dalene Matthee?

Die oorspronklike film in 1988 deur Katinka Heyns was ’n meesterstuk met Shaleen Surtie-Rich­ards op haar ikoniese beste.

Dit het ’n spesiale plekkie in so baie mense se harte regoor die kleurgrens en die geslagte gehad.

Ek lees op Channel24 die Film Factory en Nostalgia Productions het die nuwe movie dié week aangekondig.

Die fliek sal in September op die skerms wees.

Vertolk

Brett Michael Innes, wat die Safta-wenner Sink (2017) gedirect het, sal ook die nuwe movie direct.

Fiela Komoetie word vertolk deur Zenobia Kloppers en die nuwelinge Luca Bornman en Wayne Smith speel die rol van Benjamin Komoetie.

Die fliek is geskiet in die Karoo en die Knysna-bos.

Ek sal maar self sien of dit die hoogtes van die oorspronklike fliek kan bereik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters