2 maande gelede
Nomzamo in LA vereer as goddess
GEHULDIG: Nomzamo Mbatha met die International Women of Power-toekenning. Foto: INSTAGRAM  ~ 

NOMZAMO Mbatha (28) ryg die toekennings een ná die ander een in.

Die International Women of Power (IWOP) Awards het die aktrise van Isibaya met die Goddess Beauty-toekenning vereer vir haar bydrae tot die vermaaklikheidswêreld.

Die toekennings poog om buiten­gewone prestasies van vroue regoor die wêreld wat baanbrekers en trendsetters is, te vereer en te vier.

Nomzamo is uitgeknip vir hierdie toekenning. Die SA ster is welbekend vir haar humanitêre werk. Sy is vroeër vanjaar aangewys as die nuutste welwillendheidsambassadeur vir die Verenigde Nasies se Hoë­kommissariaat vir Vlugtelinge.

Die aktrise het Saterdag die sere­monie by die spoggerige Marina del Rey Marriott Hotel in Los Angeles, Kalifornië, bygewoon.

Nomzamo het op Instagram geskryf hoe ongelooflik die hele ervaring vir haar was.

“En hier is sy met stof aan haar voete, sy het al oorwinnings asook nederlae ervaar, en sy is steeds staande.”

“Daar is oomblikke in my lewe dat ek myself wil knyp. Is hierdie real? Oe, my Vader! Dit is. Gister het ek ’n International Women of Power-toekenning gewen en is so dankbaar.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters