6 dae gelede
Noem haar Dr. Tamaryn Green!
Sy is nou Dr. Tamaryn Green.  ~ Jonathan Lestrade

ONSE voormalige Mej. Suid-Afrika kan nou amptelik dokter Green genoem word.

Tamaryn Green het die aankondiging op Facebook en Instagram gemaak dat sy nou dokter genoem kan word.

Die Paarliet het haar finale studiejaar in 2018 uitgestel om aan Mej. Suid-Afrika deel te neem. Dít, soos ons nou weet, was die regte besluit.

Green het na haar pligte as Mej. Suid-Afrika nou haar mediese graad aan die Universiteit van Kaapstad voltooi.

Sy skryf: “Dit is amptelik, die uitslae is uit. Julle kan my dr. Tamaryn Green noem. Al die eer aan God!”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters