2 maande gelede
Ninja gooi shade na Shady
Yolandi Visser en Ninja van Die Antwoord het Eminem gediss.foto verskaf  ~ 

DIE local groep Die Antwoord gaan nie toelaat dat die Amerikaanse rapper Eminem hulle sommer net indoen nie.

  • Ek sien op Channel24 die Suid-Afrikaanse duo Ninja (43) en Yolandi Visser (33) het die teruggekry.

Eminem kap mos op sy splinternuwe album, Kamikaze, na ’n hele paar rappers en ander openbare figure.

Natuurlik het Die Antwoord dié af­krakery van Em met ’n video beantwoord. ’n Baie lame een, as jy my vra.

Maar nou ja, julle wil seker hoor wat die tweetjies kwytraak.

Hulle begin hul video heel oulik deur Shady te groet en te sê hulle het sopas na sy nuwe musiek geluister.

Dan trek Ninja weg met: “Nee, ou, Yolandi is nie my girl nie. Sy is my beste vriendin wat lief is vir my.”

En dan dié punch: “Jy het beter gerap toe jy op drugs was.

“M*th*rf*ck*r, ek is oud en ek is lelik, maar die kinders gee nie om nie, want hulle is lief vir my.”

Yolandi sit net op die couch en lag vir Ninja se bars. My ma het altyd gesê van lekker lag kom lekker huil. So, Die Antwoord moet maar kort-kort omkyk, want Shady sal vir hulle kom.

Ek verstaan nie hoekom enige iemand enigsins ’n rap battle wil begin met iemand wat ’n slegsê-track oor sy eie ma uitgereik het nie. Tsk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters