13 dae gelede
Niks blus siek skilder se lus vir die lewe
KUNSTIG: Tiana Wessels het groot planne vir haar toekoms.  ~ Foto Verskaf

TEN spyte van haar omstandighede styg sy uit en maak die beste daarvan.

So vertel Tiana Wessels van Strandfontein. Sy ly aan Von Willebrand-siekte en bloei maklik.

“Ek vind elke dag vreugde in my skilderye.

“My familie en kerk ondersteun my om altyd my beste te doen.”

Sy bly vol moed vir die toekoms: “Al is ons in lockdown, kan ek steeds kreatief wees en my express met my musiek, kuns, dans, en kook.”

Sy is dankbaar vir die mense wat haar ’n kans gegee het.

“Dankie vir my familie en kerk, Window of Heaven Fellowship, waar ek betrokke is by die jeug se visuele departement.” Hoewel Tiana kan toor met ’n kwas, het sy ook ander drome wat sy wil najaag.

Droom

“Ek verjaar môre en ek is dankbaar vir dié spesiale verjaardag in lockdown.

“My droom is om eendag ’n strafregprokureur te word. Met harde werk en toewyding is alles moontlik.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters