8 dae gelede
Nicki weer in dog box
KONSERT FLOP: Nicki Minaj moes haar show weens tegniese issues kanselleer.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DIS nou die tweede keer dié jaar dat sy haar fans teleurstel!

Nicki Minaj se fans was moerig verby toe die rapper haar konsert in Floirac, Frank­ryk, gekanselleer het net minute voordat die show sou begin.

Kyk, die stage was opgestel, die venue was vol en die gees in die Arkéa Arena het hoog geloop. Maar al wat uitgesteek het, was die Queen-rapper.

Nicki het toe later in ’n video aan fans verduidelik sy kon weens tegniese kwessies nie perform nie.

Ek sien op The Wendy Williams Show Nicki het laat hoor die kragtoevoer in die arena was glo nie geskik vir haar performance nie.

“Julle, dit is nie in my beste belang om nie te perform nie, geld te verloor en my fans woedend te maak nie.

“Ek is mal daaroor om voor my fans op te tree. Ek is selfs meer opgewonde as julle voor ’n show.

“Hierdie twee stede waar tegniese probleme opgeduik het, is plekke waar ek nog nooit vantevore opgetree het nie.”

Sy het die show in Bratislava, Slowakye, op 22 Februarie ook oor kragprobleme gekanselleer.

Briesend

“Ons het probeer om dié stede in te sluit, maar hulle het nie die nodige kragtoevoer om die show te laat gebeur nie. En hulle het ons hiervan vertel net drie uur voordat die show sou begin.

“Maar in elk geval, elke kunstenaar het al tegniese probleme ervaar en moes ’n show kanselleer. Ek wil net vir julle laat weet ek is baie lief vir julle en ek hoop om binnekort weer julle harte te steel.”

Haar fans was nie baie impressed nie en het briesend “Cardi B”, Nicki se grootste kompetisie, se naam gechant.

Nicki, dis tyd dat jy ander organising-mense kry. Dié Eskom-stuk moet end kry. Ons kan een oepsie vergewe, maar nie ’n tweede of derde een nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters