29 dae gelede
Nicki se toer trek maar min fans
Nicki Minaj se ticket sales vir haar toer doen glo nie te goed nie. Foto: gallo images  ~ 

NICKI Minaj se tikkets vir haar toer verkoop sleg.

Volgens Page Six is die kaartjies vir die “Chun Li”-rapper se kaartjies laer as wat daar verwag is.

Die toer is gereël om Nicki se splinternuwe album, Queen, te promote wat op 10 Augustus uitgereik is.

’n Ingeligte vertel dat die stadion in Baltimore, wat 20 000 mense kan vat, net 2 000 tikkets verkoop het. In Los Angeles is al 3 400 kaartjies verkoop, in New Orleans is net 1 000 kaartjies verkoop en in die rapper se tuisdorp, Brooklyn, is sover net 5 050 tikkets verkoop.

Die nuus kom nadat Nicki mos gal afgegaan het oor Travis Scott sy amper-billionaire baby momma en sy pasgebore dogter gebruik om meer mense na sy concerts te trek.

Hy het op ’n Instagram aangekondig dat Kylie en kleine Stormi saam met hom op toer gaan.

Nicki het toe dik moerig getier: “Ek werk my gat af om ’n kwaai album uit te gee, net vir Travis Scott om aan te kondig dat fans na Kylie en Stormi by sy konserte kan kom kyk. Lol. Ek lag eintlik.”

Nicki moet vir nou eers chill. Ek glo haar ticket sales sal toeneem, want Queen is eintlik ’n moerse goeie album.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters