11 dae gelede
Nicki se fans skel Usher
GEEN PRODUK: Nicki Minaj se fans is kwaad oor Usher haar minag.  ~ Getty Images

NICKI Minaj se fans is lekker beduiweld vir Usher.

Die R&B-sanger het in ’n Instagram Live post saam met die rapper Swizz Beatz gesê Nicki is ’n “produk van Lil’ Kim”.

Die “Barbie Tingz” rapper se fans – The Barbz, soos hulle hulself gedoop het – het op Twitter gespring en Usher ingesê.

Hulle was moerig oor hulle idol al ’n feature saam met Usher gedoen het en hy minag haar steeds deur so ’n kluitjie in die sosiale media kwyt te raak, en dít terwyl daar reeds baie spanning tussen die twee vroulike rappers is.

Ek sien op capitalxtra.com Swizz Beatz het Usher gevra watter twee kunstenaars moet battle met hulle hits in sy reeks Versus.

Twiet

Hy het Nicki Minaj en Lil’ Kim voorgestel, maar Usher het toe reguit gesê dit sal nie regverdig wees nie oor Nicki maar net ’n produk is van Lil’ Kim, wat baie langer in die rap game is.

En The Barbz was vir jou moerig op Twitter.

Een fan twiet: “Usher het net twee hits die afgelope 10 jaar gehad en een was oor Nicki daarop was!”

Nog ’n fan skel: “Usher het gesê Nicki Minaj is ’n produk van Kim, nou waar de hel is al sy features­ met Kim? Hoekom het hy ’n feature met die ‘produk’ en nie die main nie?”

Ek is seker sodra Nicki van haar hiatus terugkeer, gaan ons ’n duidelike verse van haar hoor waarin sy die ondankbare Usher ’n behoorlike snotklap gee.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters