2 maande gelede
Nicki nóú skaam
Nicki Minaj sê sy is gewalg deur Cardi B se aanval op haar by die New York Fashion Week. Foto: getty images  ~ 

NICKI Minaj wil haar kop in skaamte laat sak oor haar moewiese fight met Cardi B die naweek.

Die “Barbie Tingz”-rapper het Maandag in ’n nuwe episode van die Queen Radio Show gepraat oor wat die naweek by die New York Fashion Week gebeur het.

Nicki sê: “Die ander aand was ek betrokke by iets so verskriklik en dit was baie vernederend.

“Ek het gesien hoe die topbestuur verby loop tydens die fight. Hulle was disgusted deur die hele commotion. Ek sal dit nooit vergeet nie. Ek wou my dood skaam.”

Nicki sê sy het nie oor Cardi B se kind gepraat nie.

Cardi het mos gesê sy het haar moer gestrip toe Nicki oor baby Kulture gepraat het.

Nicki pak verder uit: “Ek sal nooit oor enige iemand se kind of parenting praat nie. Ek gee nie om oor ander se parenting nie. Hoekom moet ek altyd as die vark in die verhaal uitgemaak word?

“Ek wil net hê die wêreld moet weet Onika Tanya Maraj het nog nooit en sal ook nooit sleg praat van iemand se kind nie. Ek is nie ’n nar nie. Daai is iets wat ’n nar sal doen.”

Sy het toe gesê dis tyd dat Cardi B hulp kry.

“Jy is kwaad en jy is hartseer.

“Dit is nie snaaks nie en dit gaan nie net oor attacking nie. Dit gaan oor ’n vrou wat hulp nodig het.

“Die vrou is in die beste fase van haar loopbaan en sy gooi bottels en skoene rond?

“Wie de hel gaan sorg dat sy ’n intervention kry?”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters