11 maande gelede
Nicki kan Meek net nie uitlos
toeka se tyd: Nicki Minaj en Meek Mill kan mekaar nie in vrede laat nie.Foto: getty images  ~ 

DIT lyk nie asof Nicki Minaj klaar is met haar eks nie.

Die “Chun Li”-rapper het op ’n onlangse konsert in Australië op die stage na Meek Mill gehap.

’n Mens sou dink noudat sy die sex offender Kenneth Petty date, sal sy Meek uitlos.

Sy het die toeskouers vertel Meek stuur boodskappe, al is hulle al twee jaar uitmekaar.

Ek lees op UsWeekly sy het gedreig om sy donkerste geheime uit te lap.

In die video op Twitter sê Nicki: “Meek is nog in my DM’s. Ek moet hom heeltyd ontduik. Daar was tye dat ek hiervoor gebid het.

“Ek kan vir julle geheime vertel, maar ek gaan nie. Want ek is nie ’n bitter bitch nie.”

Meek is ook nie links nie. Hy laat hoor op Twitter: “Hoekom is jy so kwaad vir my en nie die mense wat jou wou verwoes nie? Ek’s cool, ek doen goed, LOL. Iets is verkeerd hier.

“Los my uit, jy weet ek kan soms buite beheer raak met die waarheid. Keep it classy,” sluit hy af.

Meek is reg, Nicki. Beweeg aan en hou composure.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters