28 dae gelede
Nicki breëbors oor Bey
queens: Beyoncé meen Nicki Minaj is baie professioneel. Foto verskaf  ~ 

QUEEN B dink Nicki Minaj is foutloos.

Die rapper spog op SiriusXM se show, Shade45, oor hoe Bey haar professionalisme geprys het.

Dis nou ná daai wardrobe malfunction wat Nicki by die 2014 MTV awards oorgekom het.

Bey respekteer dit glo dat Nicki knyp-knyp op die verhoog gestap het toe sy nie genoeg tyd gehad het om haar rok op te zip nie.

Beyoncé het gesê: “Jy het nie jou cue gemis nie. Jy het net so met daai rok opgestap. Jy’t gedoen wat jy moes.”

Nicki het hierop gesê sy was platgeslaan en verneder ná die voorval en die kompliment het haar trots laat voel.

Hier’s ’n tip oor professioneel wees, Nicki: Try liewer betyds wees om klaar aan te trek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters