2 maande gelede
Nick like nie juis fiancé se p-woord
smoorverlief: Priyanka Chopra en Nick Jonas Vrydag by die Ralph Lauren show in New York. foto verskaf  ~ 

ELKE liewe celeb couple­ in Hollywood moet mos ’n oulike saamgestelde naampie kry.

Julle ken nou al vir Brangelina, Bennifer en Kimye. Priyan­ka Chopra (36) en Nick Jonas (25) was so gaaf om ons die moeite te spaar en het sommer hulle eie bynaampie uitgedink.

Ek sien op Channel24 die sanger was op The Tonight Show Starring Jimmy Fallon. Jimmy het Nick gevra wat sy en Priyanka saamgestelde naampie is.

Die Indiese aktrise het trots en sommer kliphard vanuit die banke geskree: “Prick.”

Nick het ook geantwoord: “Sy (Priyanka) hou van ‘Prick’, maar ek hou nie juis daarvan nie.”

Die paartjie het laas maand amptelik aangekondig hulle is verloof.

Dit kom ná ’n tradi­sionele Indiese ver­lowing. Soos dit nou lyk, gaan Prick sommer bitter gou voor die kansel staan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters