11 dae gelede
Netflix launch nog ’n SA reeks
OPKOMEND: Ama Qamata speel die hoofrol in Blood & Water.  ~ Gallo Images

’N NUWE plaaslike Netflix-reeks launch vandag op die gewilde internasionale stroomdiens.

Die reeks Blood & Water handel oor ’n tiener van Kaapstad wat vasbeslote is om te bewys ’n ster-swemmer van ’n privaat skool is haar suster wat by geboorte ontvoer is.

Die storielyn herinner ’n mens baie aan die storie van Zephany Nurse, nè?

Hierdie is Suid-Afrika se tweede oorspronklike reeks op die stroomdiens.

Die eerste een is natuurlik Pearl Thusi se Queen Sono.

Blood & Water is ’n tiener mystery-drama met ’n sterk vroulike lead.

Die 16-jarige Puleng Khumalo (gespeel deur Ama Qamata) kry dit reg om by ’n posh privaat skool in te kom.

Dan ontdek sy dat een van die gewildste leerders by die skool Fikile Bhele (gespeel deur Khosi Ngema) baie na haar ouer suster lyk wat jare gelede vermis geraak het.

Van die ander akteurs wat in die reeks speel, is Gail Mabalane, Thabang Molaba, Arno Greeff, Ryle de Morny, Greteli Fincham, Getmore Sithole, en die legendariese Sello Maake Ka-Ncube.

Ontrafel

Thabang Molaba vertolk die rol van die bad boy Karabo “KB” Molapo, wat sukkel om aan sy derra se hoë verwag­tinge te voldoen. En dan is daar Dillon Windvogel, wat julle van die telenovela Arendsvlei sal onthou.

Hy speel Wade, wat Puleng se tjommie word en haar later probeer help om die mystery te ontrafel.

Die bekroonde Nosipho Dumisa is die regisseur en die reeks is vervaardig deur Gambit Films.

Julle, ondersteun local en laat hierdie reeks, nes Queen Sono, ook bo-aan Netflix se kyklys in Suid-Afrika wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters