15 dae gelede
Ndlovu-jeugkoor deur na eindronde
Lede van die Ndlovu-jeugkoor vier hul sukses. Foto
Lede van die Ndlovu-jeugkoor vier hul sukses.  ~ Twitter/@ChoirAfrica

HALALA, ons is in die finals van America’s Got Talent.

Die Ndlovo-jeugkoor het weereens die asems van die oorsese judges weggeslaan in die semi-finaal van en deurgedring na die finals van die internasionale talentkompetisie.  

Hulle het die beoordelaars vreeslik beïndruk met hulle unieke weergawe van Whitney Houston se “Higher Love”.

Op sosiale media, met ’n video van die show, het hulle geskryf: “Ons bid dat ons optrede ’n herinnering is vir die wêreld dat almal connected is deur die gees van menslikheid. Liefde is ’n onbreekbare mag wat altyd haat sal oorwin.”

Die groep kon nie wag om hul blydskap saam met die res van Mzansi te deel nie. Hulle het Woensdag getwiet: “Ons is deur na die finals van America’s Got Talent. Drome kan waar word.”

Hulle optrede in 2018 van die Ed Shereen-liedjie “Shape of You” het sover meer as twee miljoen views op YouTube.

Hulle het ook derde gekom in News24 se Anthem-projek.

In donker tye soos wat ons tans in Suid-Afrika ervaar met die geweld teen vroue en die xenofobiese aanvalle, is wonderlike nuus soos hierdie sowaar ’n ligpunt.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters