25 dae gelede
Naya Rivera vermis ná haar boat ride op meer
VERMIS: Daar word vermoed dat Naya Rivera verdink het.  ~ Getty Images

DIE Glee-aktrise Naya Rivera word vermis.

Die vermoede is dat die aktrise in ’n meer in die suide van Kalifornië verdrink het nadat haar seun (4) alleen op hul gehuurde boot gevind is.

Woensdagaand laat het die Ventura County sheriff se kantoor bevestig dat ’n moontlike verdrinking by Lake Piru plaasgevind het.

Die 33-jarige aktrise is bekend vir haar breakout-rol in die TV-reeks Glee.

Ek lees op Page Six die sheriff se kantoor het Woensdagaand getwiet dat die soektog na Naya vir eers gestop is. Hulle het gisteroggend by eerste lig weer na Naya begin soek.

Kapt. Eric Buschow, ’n woordvoerder van die sheriff, sê: “Tans is daar geen aanduiding van ’n misdaad nie. Dié kan ’n voorval van verdrinking wees.”

Ingespan

Naya en haar laitie, Josey Hollis Dorsey, het omstreeks 13:00 ’n boot gehuur by Lake Piru, ’n reservoir in die Los Padres National Forest.

Sowat drie uur later, toe die aktrise nie die boot op die geskeduleerde tyd terugbesorg nie, het die soektog na Naya begin. Iemand het Josey alleen op die boot gekry waar hy geslaap het.

Duikspanne, helikopters en drones is toe ingespan om Naya te probeer opspoor.

Naya se seuntjie, wat genadiglik ongedeerd is, het aan speurders vertel dat sy mammie gaan swem het, maar nie teruggekeer het nie.

Josey het sy life vest aangehad toe hy gevind is, maar in die boot is ’n ander life vest gevind. Dit kan beteken dat Naya nie ’n vest aangehad het nie.

Die seuntjie, wat Naya saam met haar eksman, Ryan Dorsey, gehad het, is veilig by familie terugbesorg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters