5 dae gelede
Naweek aan die Weskus kry ’n gospel-geurtjie by
kragtig: Remalia Esau gaan by die fees optree. foto’s verskaf  ~ 

LAMBERTSBAAI hou groot makietie met ’n lekker gospelfees.

Die fees is volgende naweek op die Lambertsbaai-sportterrein.

Die geld wat ingesamel word, is ten bate van die bejaardesentrum Huis van Liefde in die dorp.

Die organiseerder, Sinclair Atkins, vertel dat wyle ds. John Phillips 40 jaar aan die sentrum verbonde was en hulle gaan ter nagedagtenis aan hom hulde bring.

Sinclair sê: “Hy is ons inspirasie vir dié feesviering.

“Die behoeftes by die sentrum is baie groot en daarom wil ons ’n verskil maak.”

Die kunstenaars wat gaan optree, is die bekende en baie gewilde gospelsangeres Remalia Esau van Ceres, Jason Claasen, die groep Fullness en Mirelda Josephs en die band Public Attention, wat gaan sorg dat julle tot laataand dans.

So, julle Sonlanders aan die Weskus, maak julle gereed vir ’n naweek van dans, musiek en heerlike kos en lekker vermaak.

Kaartjies kos R60 vir volwassenes en R30 vir kinders.

Kontak Sinclair by 078 581 5147.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters