DIE rapper Nasty C is by vanjaar se GQ Men of the Year-toekennings as musikant van die jaar aangewys.
Die geleentheid is Sondagaand in die Houghton Hotel in Gauteng gehou.
Nasty C pronk ook op een van die drie voorblaaie wat die tydskrif GQ Maandag uitgereik het.
Dr. John Kani, wat met die Lifetime Achievement Award vereer is en Tristan Plessis, wat met die toekenning vir ontwerper van die jaar weggestap het, is die ander twee voorbladgesigte.
Siya Kolisi, Springbok-kaptein en Wêreldbekerwenner, is met die toekenning Ikoon van die Jaar vereer. - Channel24