Verlede maand
Naomi ‘dump Liam’
NIE MEER SAAM: Naomi Campbell het met Liam Payne opgebreek. FOTO’S VERSKAF  ~ 

FLUIT-FLUIT, Naomi Campbell en haar Ben 10 se liefdesverhaal is uit.

Die Britse supermodel (48) het glo verveeld geraak en haar verhouding met Liam Payne (25) beëindig nadat hulle maar ’n skrale vier maande gevry het.

’n Ingeligte het aan The Sun uitgepak: “Naomi het die besluit geneem om die ding net te laat uit­fizzle.

“Sy stel net nie meer belang nie. Hy (Liam) was altyd die gretige een, die meer needy een.

“Hulle was in elk geval nooit amptelik ’n paartjie nie. Dit was nog altyd baie casual.”

Maar dit lyk nie asof die jong lat van die gewilde bandOne Direction lang trane oor die skoonheid gehuil het nie. Liam en sy six-pack het die naweek ’n gawe tyd by die Coachella-musiekfees in Kalifornië gehad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters